Gelukwense aan
Annie Landman


TANNIE LANDMAN

My herinnering aan tannie Landman dateer vanuit die laat sestiger, begin sewentiger jare. Die jeug van ons gemeente in die ou Verwoerdburg was baie betrokke in huisbyeenkomste, bidure en 'n tentveldtog in Olifantsfontein. Tannie Landman - daardie tyd al lankal 'n "tannie", was destyds saam met oom Landman, een van die getroues wat by feitlik elke byeenkoms was. Sy was inderdaad een van die staatmakers en 'n ware steunpilaar in die gemeente.

Sy was 'n simbool van iemand vir wie die Here die anker van haar lewe is, wat rustig is omdat Hy vir haar sorg. Haar waardes was kinderlik gebou op die Bybel en haar haar egte verhouding met die Hom. Die betekenis daarvan sou 'n onuitwisbare neerslag in die lewens van haar nageslag en almal wat haar geken het, laat. Sy het dalk nooit die bekendheid van sommige van haar nasate behaal nie, maar haar kosbare belegging in hulle lewens staan soos 'n paal bo water.

100 Jaar! 'n Mylpaal wat min beskore is. Ek salueer hierdie vrou, moeder, grootmoeder, en bo alles, diensmaagd van die Here. Aan Hom wat ons al die goeie dinge van die lewe genadiglik skenk: Al die dank en eer!

Dr. Isak Burger President: Die Apostoliese Geloof Sending van Suid-Afrika

Na volgende gelukwense