Annie Landman |
Liewe Dr. Lemmer Du Plessis en Gemeenteraad
Hiermee wil ons as kinders van Ouma Landman u en die Gemeenteraad van harte bedank vir die
besondere wyse waarop u haar vereer het op haar 100ste verjaarsdag, en die besondere wyse waarop
u die diens gelei het. Vir beide haar en ons was dit 'n groot verrassing dat die hele diens aan
haar opgedra is. Dit wys vir ons watter besondere rol sy in die kerk speel.
Die grootste verrassing was egter die feit dat u onthou het watter sagte plekkie sy in haar hart
het vir die Blou Bulle en die teenwoordigheid van mnr. Thys Lourens het dit nog meer opwindend
gemaak.
Dit was 'n groot dag in Ouma se lewe, en al die gelukwensings wat uit die gemeente gekom het, het
die dag soveel meer besonders gemaak.
Seënwense
Sarie Beetge
![]()
|